Kringtelevisie-materiaal wys hoe die bus van die pad af ry en eers die sypaadjie in Gunstraat en daarna die niksvermoedende voetganger tref.

Daarna staan die man ongeërg op en gaan by die naaste kroeg in.

Volgens die BBC is sy naam Simon Smith en het hy net geringe beserings opgedoen. 

Jy wonder nogal of hy dalk 'n dubbele drankie weggeslaan het ná sy noue ontkoming met die dubbeldekkerbus . . .

Bronne: BBC, The Guardian