Die brandweerman Dean Keller (49) en Jeffrey Weigle (59) van Indianapolis stry glo al jare lank oor daardie einste heining en op 27 Junie vanjaar was dit weer sulke tyd. Dié keer was daar egter ’n kamera byderhand waarop die verstommende uiteinde van die onderonsie vasgevang is.

Dit lyk na ’n mooi sonskyndag. Dean sowel as Jeffrey is besig op hul eie stuk grond. Jeffrey rinkink op sy trekker-grassnyer terwyl Dean in ’n stadium aan die hek tussen die twee vroetel. Hy draai weg en Jeffrey gaan na die hek.

Dean is weer op pad na die hek, maar toe sien hy iets wat hom baie vinnig van plan laat verander.

Dan begin hy Dean en dié se vrou beledigings toesnou. Dean bly nie stil nie en beledig Jeffrey ewe heftig.

Jeffrey klim op sy grassnyer en ry aan. Maar dan skakel hy oor na tru-rat en keer terug. Dean is weer op pad na die hek, maar toe sien hy iets wat hom baie vinnig van plan laat verander.

Selfs met vier skote in die bors sien hy nog kans om vanuit sy lêende posisie nog ’n paar skote op Dean af te vuur.

Dit lyk sowaar asof Jeffrey ’n rewolwer in sy hand het. Dean draai half weg, maar dan haal hy sy eie vuurwapen uit. En die skote klap!

Jeffrey tuimel van die grassnyer af terwyl Dean vuurwapen in die hand retireer.

Maar Jeffrey gee nie bes nie. Selfs met vier skote in die bors sien hy kans om vanuit sy lêende posisie nog ’n paar skote op Dean af te vuur. Geen van sy skote tref egter die teiken nie. ’n Paar sekondes later staan hy op en begin loop.

Ten spyte van sy verstommende reaksie op die vier skote in die bors, het Jeffrey se toestand intussen drasties agteruitgegaan en hy verkeer in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Luidens berigte het Jeffrey die vuurwapen sonder die eienaar, Nancy Phillips, se toestemming gevat. Sy besit die huis waarin hy woon.

Die twee is ook in 2011 aangekla van aanranding. Dean is in sy arm gesteek en Jeffrey het sny- en krapmerke asook bytmerke opgedoen.

Jackie Keller, Dean se ma, sê sy is baie bly hy het hom en sy vrou verdedig.

Die vete tussen die bure het hulle reeds bekendes by die plaaslike polisiekantoor gemaak. Beamptes is al meer as 12 keer ontbied om in te gryp.

Dit het gewoonlik gegaan oor die heining en Dean se hond. Die twee is in 2011 aangekla van aanranding. Dean is in sy arm gesteek en Jeffrey het sny- en krapmerke asook bytmerke opgedoen.

Intussen het dit bekend geword dat Dean nie vervolg sal word nie. Die staatsaanklaer Brad Cooper het gesê die mate van aggressie wat Jeffrey getoon het, was voldoende vir Dean om te glo dat hy enigiets binne sy vermoë moes doen om te verhoed dat hy of sy vrou ernstige beserings opdoen.

Dit is onseker of Jeffrey aangekla sal word wanneer hy van sy skietwonde herstel het.

Kyk die video hier

Bronne: abcnews.go.com, dailyjournal.net, dialymail.co.uk