[caption id="attachment_171329" align="alignnone" width="600"]Gary is deur ’n Blandford-vlieg gebyt. Foto: Caters TV/ Skermgreep Gary is deur ’n Blandford-vlieg gebyt. Foto: Caters TV/ Skermgreep[/caption]

Harsingontsteking is in 2015 by Gary gediagnoseer. Dis ’n seldsame maar ernstige toestand wanneer die brein ontsteek word nadat ’n vlieg iemand byt.

Gary, ’n bouer, is deur die Blandford-vlieë aangeval toe hy eendag buite gewerk het, maar hy het glad nie gedink dat dit enigsins gevaarlik is nie, berig The Huffington Post.

En tog, later die aand het Christine wakker geskrik toe haar man stuipe begin kry.

[caption id="attachment_171328" align="alignnone" width="600"]Gary Newman het glad nie sy vrou, Christine, herken ná ’n vlieg hom gebyt het nie. Foto: Caters TV/Skermgreep Gary Newman het glad nie sy vrou, Christine, herken ná ’n vlieg hom gebyt het nie. Foto: Caters TV/Skermgreep[/caption]

Hulle het na ’n hospitaal gehaas waar Gary drie weke moes bly. Van toe af herken hy glad nie sy vrou, drie kinders en ses kleinkinders nie.

In die video vertel Christine dat sy alles vir Gary van vooraf moes leer, van hoe om te eet tot wat Kersdag beteken.

Kyk die video hier:

Bronne: The Huffington Post, The Sun.co.uk, Magazine Features