Die voertuig het aan die brand geslaan.

Twee Franse polisiemanne het bevestig dat die persoon wat die voertuig bestuur het, in hegtenis geneem is. 

Luidens berigte was hy gewapen en is hy tydens die voorval gewond. Intussen het France 24 bekendgemaak dat die man wel gesterf het. Niemand anders is in die voorval beseer nie. 

Volgens die Franse aanlyn-nuusdiens, BFM TV, is ’n gassilinder, wapens en koeëls in die motor gevind.

Die situasie word as onder beheer beskryf.

Die polisie was reeds omstreeks vieruur Maandagmiddag (plaaslike tyd), voor die voorval, op die toneel en het mense dringend vesoek om die gebied te verlaat.

Die moltreinstasie in die gebied is ook gesluit.

Twee maande gelede, drie dae voor die eerste ronde van die Franse verkiesing, is ’n polisieman ook doodgeskiet. ’n Nota wat IL prys, is langs Karim Cheurfi wat hom doodgeskiet het, se liggaam gevind. Daar was ook nog vuurwapens, ’n haelgeweer en messe in sy motor gevind.

Bronne: apnews.com, i24news.tv