Met die naderende wêreldwye vrystelling van die fliek “The Emoji Movie” het aanhangers van regoor die wêreld dit Maandag gevier deur ’n nuwe Guinness-wêreldrekord op te stel.

Hulle het die rekord opgestel vir die grootste groep mense wat gelyktydig verskillende emoji-kostuums aangehad het. Emoji-aanhangers het hope pret gehad in onder meer Doebai, Moskou, Londen en Sao Paulo.  

Suid-Afrikaners het ewe lustig deelgeneem en met laggende (en huilende) emoji's by Mandela Square paradeer.

Suid-Afrikaners vier Wêreld Emoji dag

Die fliek, wat handel oor ’n emoji wat nie by een uitdrukking kan volstaan nie, word op 22 September in teaters vrygestel.

Meer oor emoji's

Boonop het vier nuwe emoji's vandag hul verskyning gemaak.


Save