By dié huis in Dover Plains, New York, wag ’n groot verrassing op Arya Zeller. Sy draf na haar pa, Joe, terwyl hy die helfte van sy gesig onder ’n kombers wegsteek.

Die driejarige, wat haar pa met ’n baard ken, is stomverbaas toe sy die kombers aftrek en sien haar pa se baard is weg. Sy herken hom skaars!