En nadat jy dié video gekyk het, sal jy saamstem.

Sy ouma Jean het vir hom ’n liedjie geleer toe hy agt jaar oud was. Van daar af het dit ’n tradisie geword om jaarliks vir haar die liedjie – Unforgettable van Nat King Cole – te sing.

Later het hy dit vir haar oor die telefoon en soms deur Skype gesing, maar hy het dit gedoen waar hy ook al in die wêreld was.

“Sy het haar sangstem in haar laat 80’s verloor,” vertel Ash.

Maar toe ouma Jean haar 98ste verjaardag op 27 Julie vier, het Ash besluit basta met tegnologie. Hy het langs sy ouma op haar bed gaan sit en vir haar met soveel liefde hul spesiale verjaardaglied gesing.

Toe hy by die gedeelte kom waar die woorde soos volg lui: “Nevermore has someone been more unforgettable in every way,” kon sy nie meer haar emosies beteuel nie. Die trane het gekom en sy het dit saggies weggevee.

Ash het aan The Daily Mail gesê hy hoop dat ander ook deur die video geïnspireer word om meer tyd saam met hul geliefdes deur te bring, “veral as die jare nader aan die einde van die een se asem is en nader aan die begin vir die ander een”.

Bronne: dailymail.co.uk, metro.co.uk, ashruiz.com