Twee katte het die internet behoorlik aan die gons nadat ’n video van hulle in die sosiale media gedeel is waar hulle ’n klokkie met hul pote druk om kos te kry.

Elke keer wanneer die katte die klokkie lui, gee iemand vir hulle iets om te eet op die bord voor hulle.

Die katte mors ook geen tyd deur die klokkie weer en weer te druk elke keer wanneer hulle nog kos soek nie.