Jy het ’n nuwe CD op die rakke, Bobby van Jaarsveld is sonder hemp in die omgewing en jou naam is Karen Zoid. Wat maak jy? Jy gryp jou videokamera.

A photo posted by Karen Zoid (@karen_zoid) on

Die stuitige rocker en kletskoningin van die kykNET-program Republiek van Zoid Afrika het ’n video-greep op haar Instagram-blad geplaas wat dit laat lyk of ’n bekruiper Bobby afneem.

Hy is besig om sy hemp te knip voor ’n opname van volgende jaar se The Voice, ’n internasionaal bekende werklikheidsprogram waarin na die volgende sangsensasie gesoek word. Karen en Bobby is twee van die beoordelaars.

“Dames en here, Bobby van Jaarsveld,” sê sy in haar grapmaker-stem. “Met sy kaal bolyf. En, wat is dit?” Dan hou sy die CD op: “Die Republiek van Zoid Afrika Volume 4, saam met Bobby van Jaarsveld en sy kaal bolyf.”

Soos in sy aard lag hy skamerig. Dan vra Karen Bobby hoekom mense die CD moet koop. “Want . . .”

Dan loer hy na die voorkant van die CD. “Is ek daarop? Nee, ek is nie daarop nie . . . Want dit is cool. Dis soos die hoeveelste episode? Jy is al soos furniture.”

Furniture!” roep Karen gemaak verontwaardig uit.

Mense moet dit koop, want sy is mos die president van Zoid Afrika. “En jy mag sê hulle moet,” spot Bobby terug.

Dit het hierdie week agter die skerms gebeur by ’n opname in The Voice se ateljee in Johannesburg, vertel Carien Loubser, Karen se agent. Die tweede seisoen begin vroeg in Januarie op M-Net. Karen se bekroonde program het in Oktober weer op kykNET begin en sal tot Januarie te sien wees. Die nuwe kompilasie-album (Republiek van Zoid Afrika Vol. 4), met al die optredes uit die program, sal treffers insluit waar Karen optree saam met onder andere Leon Schuster, Riana Nel, Coenie de Villiers, Lira, Lianie May, die Grammy-wenner Wouter Kellerman en wyle Johannes Kerkorrel se Gereformeerde Blues Band. Kyk die video hier!

@bobbyvanjaarsveld #furniture #rza #volume4

A video posted by Karen Zoid (@karen_zoid) on