Terwyl die gewilde sangeres Juanita du Plessis steeds op die kruin van sukses is, het haar dogter, Fanja, verlede jaar haar debuutalbum, My verhaal, uitgereik.

#watchthisspace #nuwemusiekvideo #ekwillewe Hou my en @ruanjosh se sosiale media dop die week!

A post shared by Franja Du Plessis (@franjadp) on

Dit het vinnig goue status bereik en is vanjaar met twee Ghoemas vereer: beste vroulike kunstenaar van die jaar en beste nuweling. 

En ouboet Ruan se album, Eggo, wat hy vroeër vanjaar onder die naam Ruan Josh uitgereik het, maak deesdae omtrent opslae in die musiekbedryf.

Boet en sus tree die afgelope paar maande gereeld saam op en nou het hulle ook die musiekvideo van hul duet, Ek wil Lewe, uitgereik. 

#watchthisspace #musiekvideo #ekwillewe #vrydag #2dae @ruanjosh

A post shared by Franja Du Plessis (@franjadp) on

Die twee donkerkoppe het die afgelope week in die sosiale media hul aanhangers nuuskierig gemaak deur foto-oomblikke van tonele uit hul video te deel. 

“Ek sien so uit daarna dat julle dit sien,” het Franja geskryf, by ’n toneel waar boet en sus met sonsondergang hande vat.

Ek wil wees wie ek is sonder vrees. Ek wil eendag sê ek was daar gewees. Ja, die tyd van my lewe. Dis nou, lui van Ek Wil Lewe se lirieke.

En nou is die volle musiekvideo eindelik gereed.

Kyk hier: