Mense noem dit die walglikste huweliksaansoek ooit. ’n Russiese man het omtrent uit die boks gedink met ’n video waarin hy sy meisie die jawoord vra.

In die video, wat deur ’n vriend geskiet is, sit hy op ’n hospitaalbed en sy meisie, wat ’n verpleegster is, kom ondersoek ’n wond aan sy maag. Sy meisie is onbewus van wat aangaan en maak die wond oop.

Maar wanneer sy in die wond krap, sien sy daar is iets binne-in. Dan trek sy ’n verloofring uit – en net daar vra die man haar om te trou.

Die vreemdste van alles? Sy lyk glad nie bekommerd oor hom nie en sê net ja!

Kyk hier na die video: