Dit is die bekende sangeres se eerste gospelalbum in ses jaar en bevat ’n stewige 18 snitte.

Juanita het gister haar aanhangers op haar Facebook-blad nuuskierig gemaak en uitgedaag om 10 000 keer van haar inskrywing te hou. Haal hulle die paal, het sy belowe om die amptelike musiekvideo as beloning op Facebook te plaas.

En hoe nou meer? Haar aanhangers het gewillig die opdrag uitgevoer en ditsem vanoggend is die musiekvideo gelaai!

Luister hier na Juanita se splinternuwe album waarna jy beslis soos ’n Koningskind gaan voel!