Groot was Ryan Schultz en sy gesin se verbasing toe hulle die Switserse grens probeer oorsteek en afkom op honderde skape, ’n klompie bokke, ’n paar perde en donkies, en ’n enkele koei wat die pad versper. Hulle het verstom gekyk na die gebeure wat voor hulle ontvou, en mev. Schultz het gesê sy is “so gelukkig dat sy wil huil” terwyl die groot groep diere verby hul motor stroom. Dit is steeds onduidelik waarheen die diere op pad was.