doggy-wedding-couple-and-priest

Dit was liefde met die eerste oogopslag toe die behaarde paartjie mekaar in Januarie verlede jaar ontmoet.

Die paartjie se paadjie na die altaar was ’n rojale affêre en hulle het selfs hul eie fotosessie gehad toe hulle verloof geraak het. Theresa Halili, Tally se eienares, was so gaaf om dit vir hulle te reël.

Haar vriend, die 21-jarige fotograaf Che Vienes, het die eer gehad om hul foto’s te neem. Alhoewel die verlowingsfoto’s enige hart sal laat smelt, was hulle niks in vergelyking met die beminlike foto’s van die groot dag self nie.

25 hondegaste, sowel as hul eienaars, het die strandtroue van die woefies bygewoon en daar was selfs ’n gevolg. Ja, dis reg: Lally en Kian het ook strooimeisies en strooijonkers gehad.

[caption id="attachment_167782" align="alignnone" width="600"]Lally en haar strooimeisies. FOTO: Che Vienes Photography Lally en haar strooimeisies. FOTO: Che Vienes Photography[/caption]

[caption id="attachment_167784" align="alignnone" width="599"]Kian en sy strooijonker, Coffee. FOTO: Che Vienes Photography Kian en sy strooijonker, Coffee. FOTO: Che Vienes Photography[/caption]

En dinge raak al beter.

’n Woefpriester het aan die einde van die kerkpaadjie gewag om die verliefdes formeel in die eg te verbind.

“’n Boston-terriër, genaamd Max, was die woefpriester. Sy mensbaas het die huwelik voltrek,” het Che vertel.

“Dan was daar ook Elouis, ’n hondsangeres, op die troue; agter haar het mense het die akoestiese variasie van Can’t Help Falling in Love uitgevoer.

“Die diere se eienaars het ook die kos vir die onthaal berei … die borge van die troue, die Pomeranian, om presies te wees, het die troukoek voorberei.”

Die bruilofsgaste, asook die pasgetroude vierbeen-skattebolle, het die pienk versierde vanielje-botterkoek geniet nadat die formaliteite van die seremonie afgehandel was.

“Net soos by mense, was die seremonie, toe die koord en die sluier geplaas is, die beste deel van die groot dag,. Julle sal verstom wees oor die liefde en ondersteuning van die kant van die troeteldiere se eienaars,” het Che verklaar.

Ons hoop daar kom ook ’n eksotiese woefwittebrood!

Kyk video hier:

Bronne: Metro, Coconuts, Cuteness