’n Video wat in die sosiale media opslae maak, wys hoe pres. Donald Trump se vrou, Melania, sy hand weg klap toe hy na haar uitreik.

Die paartjie, tans op besoek aan Israel, was op die aanloopbaan van die Ben Gurion-lughawe in Tel Aviv toe die voorval plaasvind.

Daar word bespiegel dat Melania dalk nie lus gevoel het om op hul eerste reis na Israel aandag te gee aan persoonlike ontwikkeling nie. Wat dink jy van die presidentsvrou se stywe houding?

Bronne: Bazaar , Daily News , The Telegraph