Henri van Breda het Maandag in ’n deftige pak geklee, sy sitplek ingeneem op die beskuldigdebank in die Kaapse hooggeregshof ingeneem.

Die media mag nie foto's van hom binne-in die hofgebou neem nie. Daniellè Janse van Rensburg, Henri se meisie, staan hom nie vandag in die hof by nie.

Die saak is op versoek van adv. Susan Galloway, die staatsaanklaer, na 24 April uitgestel.

Vroeër vandag

Regter Siraj Desai het sy bevel om videokameras in Henri van Breda se moordverhoor toe te laat, opgeskort nadat die staat en verdediging aangedui het hulle wil hierteen appelleer.

Adv. Hilton Epstein SC het aangedui dat die nasionale vervolgingsgesag hul na die appèlhof sou wend om dié bevel teen te staan.

Adv. Barbara Vaughan – wat vir Media24 in dié aansoek optree – het aangedui hulle sou hul by die hof se besluit berus indien die regter die verrigtinge wou laat voortgaan sonder videokameras in die hof.

Desai het toe besluit om sy bevel eers op te skort sodat die saak kan voortgaan.

“Ek wil nie die saak uitstel nie,” het hy gesê en laat blyk dat een getuie na verwagting vandag sou getuig waarna 'n ter plaatse besoek aan die De Zalze-moordhuis môre sou geskied.

Die kriminele saak sal teen 14:15 in die Kaapse hooggeregshof voortgaan.

Adv. Pieter Botha daag by die Kaapse hooggeregshof aan. Hy lei Henri se regspan.

Vroeër vandag

henrihof

Dit gons van vroeg af met joernaliste, fotograwe en kameramanne wat Maandagoggend voor die Kaapse hooggeregshof bymekaarkom waar Henri van Breda (22) in verband met die moorde op sy ma, pa en broer se moorde teregstaan.

Teresa (55), Martin (54) en Rudi (22) is op 27 Januarie 2015 wreed met ’n byl vermoor en die jongste lid van die gesin, Marli, het erge kopwonde opgedoen nadat sy ook met ’n byl aangeval is.

De Zalze-bylmoorde: Luister weer na Henri van Breda se noodoproep

Henri word ook daarvan aangekla dat hy sy kleinsus probeer vermoor het en word ook van regsverydeling aangekla.

Regter Siraj Desai sal om 10:00 uitspraak lewer op ’n Media24-aansoek om beeldmateriaal van die hofsaak uit te saai waarna die saak na verwagting 11:30 sal begin.

Lees ook: Wat jy moet weet oor die regter wat Henri van Breda se lot gaan bepaal

Adv. Susan Galloway tree op vir die staat en adv. Pieter Botha lei Henri se regspan.