Volgens die televisiekanaal ITV West Country was dit nog altyd Jo se droom om eendag op haar troue met haar seun te dans.

[caption id="attachment_166484" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/Jamie Mathias Music, Weddings & Personal Songs Foto: Facebook/Jamie Mathias Music, Weddings & Personal Songs[/caption]

Haar man en Alex se stiefpa, Martin, wou haar verras en het weke lank voor hul troue tyd bestee om Alex se eie harnas te bou.

Martin sê daar was nie ’n droë oog in die saal nie.

“Dit was ongelooflik om Jo se reaksie te sien. Dit was nogal moeilik om staande te bly toe sy begin huil.

“Ons het vir ’n oomblik rondgekyk en die hele saal het gehuil. Ek het toe besef ek het dalk iets reg gedoen,” vertel Martin.

[caption id="attachment_166490" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/ Jamie Mathias Music, Weddings & Personal Songs Foto: Facebook/ Jamie Mathias Music, Weddings & Personal Songs[/caption]

“Jy sien dit nie in die video nie, maar toe ek Alex uit die harnas haal, het ek en twee van my strooijonkers op die grond neergeval soos ons huil,” vertel hy.

Jo sê sy het ’n paar keer in die laaste vyf jaar gedink Alex sou nie meer leef op haar troudag nie. “Om op my troue te wees, om deel te wees van ’n nuwe gesin en om iets te doen wat ek nooit eens oorweeg het nie, was regtig die beste oomblik van my lewe,” vertel sy.

Jamie Mathias, wat op Martin en Jo se troue gesing het, het die video op sy Facebook-blad gedeel. Dit is al meer as 900 000 keer gekyk.

Kyk die video hier:

Bronne: thesun.co.uk, Mirroronline.co.uk, Itv.com.