Jy raak dalk opgewonde terwyl jy jou geliefkoosde span ondersteun, maar raak jy so opgewonde soos die supermodel Gisele Bündchen wanneer haar man se span die gewilde Amerikaanse Super Bowl wen?

  Haar man, Tom Brady, speel vir die New England Patriots, wat die afgelope naweek die Super Bowl-voetbaltoernooi in Amerika teen die Atlanta Falcons gewen het. Die eindtelling was 34-28 in die guns van die Patriots. En te oordeel aan Gisele se passievolle vertoning langs die veld, is dit duidelik dié supermodel is verheug oor die oorwinning.
Sy en haar man het twee kinders saam, wat ook daar was om hul bekende pa te ondersteun.

Bom dia! Game day! #superbowl #daddyslittlegirl ?????

A photo posted by Gisele Bündchen (@gisele) on