In ’n video wat ’n ooggetuie Loren Lent geneem het kan ’n mens sien hoe die angsbevange 14-jarige uit die gondelstoel hang, hoor hoe omstanders gil en sien hoe van die pretpark se personeel saamdrom om haar te vang.

Met die val het die tiener ook die tak van ’n boom getref.

Lorent Lent, die ooggetuie wat die video geneem het, het WRGB-TV vertel mense het geskarrel om onder die meisie te kom dat hulle haar kan vang.

“Dit was angswekkend. Ek meen, jy weet, jy kon sien hierdie persoon is hulpeloos,” vertel die Loren aan die kanaal. 

Na wat berig word is sy na ’n nabygeleë hospitaal geneem sonder ernstige beserings. 

Die pretpark het in ’n verklaring gesê die “Sky Ride”, waarop die meisie was toe sy uitgeval het, was in ’n “werkende toestand” en dit het voorgekom of daar “geen foutwerking” op die rit was nie. 

Dit is nog onduidelik wat veroorsaak het dat die meisie uitgeval het nie. Sy was in die tweesitplek “karretjie” en die man wat langs haar gesit het, is soos sy, ook nie geïdentifiseer nie.