“’n Brand het op die sewende verdieping van Makhura se kantoor uitgebreek,” sê sy woordvoerder, Phumla Sekhonyane. 

Die premier was nie tydens die brand op kantoor nie. 

Volgens Sekhonyane is die oorsaak van die brand nog onbekend. Die gebou is ontruim en geen beserings is aangemeld nie. 

Nooddienswerkers is op die toneel om die brand te blus.