In die Changdu-streek van China se onafhanklike streek, Tibet, het die vloedwaters Saterdag die fondasie van ’n vyf verdieping hoë gebou weggekalwe. Die gebou het in sy geheel gekantel en oënskynlik in ’n rivier beland.

In dieselfde video kan gesien word hoe ’n rooi vragmotor in die malende watermassa verdwyn toe die wal waarop dit parkeer was, ook vebrokkel het.

Luidens berigte word die intensiteit van die vloede verhoog deur klimaatverandering in die Himalaja-gebergte asook ontbossing wat deur die Chinese regering toegepas word.

Dit is veral die sentrale en suidelike deel van China wat erg gebuk gaan onder lewens- en ander verliese.

Tot dusver het 63 mense in die land se 11 provinsies gesterf vanweë grondverskuiwings, rommel en die ineenstorting van huise. Minstens 53 000 huise is reeds deur die vloedwaters vernietig.

Die ontploffing by ’n natuurlike gaspyplyn in Guizhou het verlede Maandag nadat ’n grondverskuiwing die pype beskadig het, het tot die dood van minstens 8 mense gelei. Nog 35 is beseer.

Meer as 750 000 hektaar se gewasse is ook deur die volhoudende reën en in gevalle haelstorms, vernietig.

Drie vragskepe met sowat 5 000 ton broodnodige graan aan boord, is deur die storms naby Chansha-hawe, die hoofstad van Hunan, vasgekeer.

In wat as ’n wonderwerk beskryf word, het die 700-jaar oue Guyanin-pawiljoen in Ezhou-stad die Yangtze-riviervloed ooorleef.

Meer oor Tibet

  • Die onafhanklike streek van China is aan die noordelike kant van die Himalaja geleë. In 1950 het die Chinese kommuniste, ondersteun deur Joseph Stalin van Rusland, meer beheer oor China bekom.
  • Onder leierskap van Mao Zedong het hulle geen steen onaangeroer gelaat om ’n sterk teenwoordigheid in Tibet te vestig nie.
  • Van 1959 tot 1961 is meer as 6 000 kloosters in Tibet deur die heersende Chinese regering vernietig.
  • Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama, het in 2006 verklaar dat Tibet selfregering, nie onafhanklikheid nie, wil bekom.
  • Gesprekke wat vanaf 2008 in daardie verband gevoer is, het tot vandag toe nog nie veel vrug afgewerp nie.

Bronne: theguardian.com, chinaplus.cro.cn, wikipedia.org, presstv.ir. aol.com