Die misdaad? ’n Drukkie!

Tydens dié rooftogte, wat “beerdrukkies” heet, gryp die rower die slagoffer van agter en druk hulle styf vas tot die slagoffer hul bewussyn verloor. Hulle voel asof hulle versmoor word.

Die slagoffer val dan op die grond neer en hul besittings word binne ’n oogwink gebuit. Dié soort misdaad het verlede jaar hier kop uitgesteek.

Slagoffers word glo veral geteiken nadat hulle in kroeë in Punta Ballena in die vakansieoord Magaluf op die eiland gekuier het.

Magaluf is bekend onder toeriste vir sy nagklubs.

’n 30-Jarige man is weens die misdaad vasgetrek. Hy word deur een van die slagoffers beskryf as “ ’n lang man met arms soos Hercules”-berig Daily Star.

Die polisie is steeds op soek na die man se twee handlangers. Hulle haal glo die mense se besittings uit hul sak as die man hulle klaar gedruk het.

Die man en sy groep was glo verantwoordelik vir ten minste 26 van dié soort misdade verlede jaar, berig Daily Star.

Kyk hier hoe jy uit ’n “beerdruk” kan ontsnap:

Bronne: Daily Mail, Daily Star , YouTube