Bobby het ’n video in die sosiale media gedeel waar Armani in ’n grys tutu en baadjie op haar eie stap.

“Kyk wie loop uiteindelik. My Armani-Muis,” skryf hy.

In die video kan gehoor word hoe hy haar aanmoedig. “En ja, daai is die ‘praat-met-jou-baba-stem’ van my. Almal het een,” skerts hy.


Bobby het vroeër vanjaar ’n foto gedeel van hom en Armani by die see. “Enige dag nou dan loop ons klein Armani,” het hy by die foto geskryf. En kyk nou!


Een van sy aanhangers meen dis die beste tyd van ’n mens se lewe. “Ag sy is oulik Bobby. Dis die beste tyd van mens se lewe. Julle blom se eerste treë. Kosbaar!” skryf ene Terene Viljoen op sy Instagram-blad.

“Sy steur haar glad nie nou aan haar pappa nie, sy loop nou hek toe,” skryf Mari du Toit.

En ons is seker Armani se twee ouer boeties, Sion (5) en Leben (4) is net so trots.

Sy is rêrig te oulik vir woorde!