Die Protea-held Wayne Parnell en sy vrou, die modeblogger Aisha Baker-Parnell, het onlangs hul eerste huweliksherdenking gevier.

Aisha het besluit om dié groot mylpaal te vier deur hul spesiale trouvideo met haar 111 000 aanhangers op Instagram te deel. En die pragtige trouvideo sal beslis jou hart vermurwe.

Wayne het ook op Instagram ’n spesiale boodskap aan sy vrou gedeel. “Dankie dat jy my kos gee wanneer ek honger is, oor die kole haal as ek verkeerd doen, vashou wanneer ek koud kry, my motiveer, in my glo en my optel wanneer ek terneergedruk is. Die lys gaan aan. Maar die belangrikste is dankie dat jy ’n superkoel vriend is!” Te oulik!

Kyk hul pragtige trouvideo hier:

Hulle het mekaar die eerste keer ontmoet toe Aisha se vriendin die TV-persoonlikheid Zuraida Jardine in 2014 ’n kiekie van haar en Wayne op Instagram deel, het die paartjie in ’n onderhoud aan ons vertel.

Toe Aisha by Zuraida uitvis wie die aantreklike man is, het sy hulle deur WhatsApp aan mekaar voorgestel. En die res is geskiedenis.

Wayne, wat destyds nog vir die Warriors in Port Elizabeth gespeel het, het in September 2015 na Aisha se tuisstad, Kaapstad, verhuis.

Hulle bly in Crawford in die suidelike voorstede. Die paartjie se sprokiestroue op 21 Mei verlede jaar in die Zeenatul Islam-moskee in Distrik Ses was privaat. Daar was twee seremonies – een die oggend met 450 gaste en nog een later die dag met 150 gaste.

Vir die intieme aandete in die Mount Nelson-hotel was die inspirasie “ ’n aand in Versailles”, het Aisha onlangs op haar blog, Baked Online, vertel. Die bruid het twee pragskeppings van die Kaapse modehuis Me Couture gedra.

 

My full wedding on bakedonline.co.za today

A post shared by Aisha Baker-Parnell (@bakedonline) on

Sy het ook onlangs op haar blog foto’s van haar groot dag gedeel.

Wayne en Aisha is ongetwyfeld een van die glansrykste en stylvolste paartjies in die land. Ons kan nie genoeg kry van die kiekies wat hulle op Instagram deel nie. Geluk met jul huweliksherdenking, julle twee!

 

I'm always a plus one, even to my own functions and events. #stunner #csaawards17 #dapper

A post shared by ???????????? Wayne Parnell ? (@parnygram) on

Imma be fresh as hell if the paps watching. #hometime #capetown #gucci

A post shared by ???????????? Wayne Parnell ? (@parnygram) on

About a Week ago. #hightea

A post shared by ???????????? Wayne Parnell ? (@parnygram) on

Gratitude over Attitude. #blessed

A post shared by ???????????? Wayne Parnell ? (@parnygram) on