Louis, hekkiesatleet LJ van Zyl en vroulief, marathonatleet Irvette (voorheen van Blerk), se seuntjie leer die atletiekbaan sommer vroeg-vroeg van naderby ken. Die klein rakker vier in September sy tweede verjaardag.
 
Die atletiekafrigter Chris Conradie het ’n oulike video op Instagram gedeel wat wys hoe klein Louis saam met sy pa hekkies oefen.

LJ het self ook ’n prettige video van hul oefensessie gedeel.

Go Louis #400mhurdles @irvette_van_zyl @tukssport

A post shared by LJ van Zyl (@ljvanzyl) on

LJ en Irvette het in 2012 mnr. en mev. Van Zyl geword. Klein Louis het in 2015 sy opwagting gemaak.

Sedertdien raak hy net ouliker.

So we have a early driver..??

A post shared by Irvette van Zyl (@irvette_van_zyl) on