Dit was ’n gewone, sonnige somersdag in die Grand Park-dieretuin in Seoul, Suid-Korea, todat ’n klein olifantjie in diep water beland in die swembad. Die kleinding spartel en sy ma is dadelik agterna.

Dit lyk asof sy erg paniekerig raak todat nog ’n volgroeide olifant in die water spring en help om die reuse-baba na veilige grond te bring. In die agtergrond is daar nog ’n olifant wat afgeskei is in ’n kampie, wat ontsteld heen en weer beweeg tydens die kortstondige reddingspoging.

Wys jou net,  ons het baie uit die diereryk te leer: jou kind is ook my kind. Sou ons samelewing nie ’n beter plek gewees het as ons hiervolgens geleef het nie?