Die Namakwalandse sanger en liedjieskrywer Deon Groot het Donderdag ’n hartroerende video van sy lied As Ek Net Jou Man Kon Wees op sy Facebook-blad gedeel met ’n waardevolle boodskap aan sy aanhangers daarby.

In die video vertel hy hy het die gedig vir sy eertydse meisie geskryf en getoonset. Dit het gekom nadat sy verongeluk het toe sy op pad van die Kaap gery het om by hom in Namakwaland te kom kuier.

Deon het in sy boodskap gesê: “Dit is maar ’n boodskap van liefde: Toon liefde, gee geduld, gee tyd vir die mense in julle lewe. Maak tyd, want ’n mens weet nooit wanneer dit te laat is om dit te doen nie.