Eers krap die ligkleurige hond met sy voorpote aan sy vriend wat op die nat teerpad lê terwyl motoriste om hulle ry. Van die ongeduldiges toet, heel waarskynlik om die verkeer aan te jaag.

Dan hoor jy dit – fyn kermgeluidjies en ’n paar verlore blawwe. Maar vergeefs. Sy vriend bly roerloos lê nadat dit kort tevore deur ’n motor getref is.

Dit gaan jou hart breek.