Selamat Riaydi en sy bejaarde bruid, wat slegs bekend staan as Rohaya, het afgehaak tydens ’n tradisionele seremonie in Karangendah, Indonesië. Die paartjie, met ’n ouderdomsverskil van 55 jaar, het hul familielede gewaarsku as hulle nie die res van hul lewe saam  kon wees nie, sou hulle liewer saam sterf.

Hul familie het ingestem en die tweetjies is getroud in ’n gemeenskapsleier se huis.  

“Hulle het gedreig om selfdood toe te pas, want hulle was dolverlief; as een van hulle sterf, moet albei sterf,” het Kuswoyo, die gemeenskapsleier, luidens berigte aan die plaaslike media gesê. 

Hy moes spesiale toestemming gee vir die troue.

Die paartjie, wat Moslems is, het ’n nikah siri-huwelik – wat deur die gemeenskap erken word, maar nie deur die staat nie – aangegaan.

Die Indonesiese wet vereis dat mans 19 jaar oud moet wees voor hulle wettig mag trou. Die wet laat wel ’n jonger man toe om te trou as dit volgens sy “godsdienstige norme” is.

Die motief vir die troue is glo nie finansiële nood nie aangesien hulle albei uit arm families kom.

Volgens Mail Online, het sy familie hare slegs R200 betaal.

Nadat hulle as man en vrou verklaar is, het die bruidegom sy gesig in sy hande verberg onder toejuiging van die gaste, terwyl sy bruid doodstil langs hom gesit het.

Kyk hier na hul huwelikseremonie :

Bronne: metro.co.uk, dailymail.co.uk