Ismail Zulfic het aanvanklik ’n vrees gehad vir water na ’n voorval in ’n rubberswembad. Hy wou aanvanklik nie eers in water klim om terapeutiese behandeling vir sy rug te kry wat hy gereeld gebruik om onder meer hom te help eet en skryf nie.

Maar sy lewe het verander toe hy Amel Kapo ontmoet. Dié het meer as ’n jaar gelede die Spid-swemklub gestig nadat hy hom ontferm het oor gestremde swemmers wat sonder professionele toesig in swembaddens swem. Amel het toe Ismail leer swem.

“Na ’n paar maande van oefen kon Ismail in duik en die lengte van die Olimpiese grootte swembad swem sonder hulp,” vertel Amel.

’n Jaar later was hy soos ’n vis in die water. Hy het onlangs onder kinders van byna twee keer sy ouderdom uitgeswem om die 50m rugslag in Zagreb in Kroasië te wen .

“Ek hou van wen,” het hy aan Reuters vertel. Die kleinman het toe vertel hy het ook ’n medalje in ski.

Amel se swemklub het omtrent medaljes ingeoes. Hulle is met vyf goue medaljes en twee silwer medaljes huis toe.

Ismail se ouers ry twee keer ’n week sowat 73km van hul huis in Zenica na Sarajevo om daar swemlesse te kry.

Suksesverhale in die swembad vir gestremdes soos Ismail is nie algemeen in Bosnië nie, word daar berig, juis omdat gestremde kinders min bystand van die staat kry. Ismail se swemskool is die enigste in sy soort in die land. Hopelik verander dit nou…