’n Dapper oupa het sy 100ste verjaardag gevier deur op ’n hoogte van 13 000 vt. (amper 4 km) uit ’n vliegtuig te spring.

[caption id="attachment_173613" align="alignnone" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Glen Quilin het besluit om sy verjaardag so te vier en sy kleinseun, Michael Welch, gevra om ’n tandemvalskermsprong te reël.

Die waagtoertjie is ’n geheim gehou vir die res van die familie tot hulle die dag voor die groot sprong ’n uitnodiging daarheen ontvang het.

Michael en sy suster, Lisa Rhee, het ook die sprong aangedurf, wat ’n minuut lange vryval ingesluit het. Intussen het Glen se trotse (en seker ietwat bekommerde!) familie langs die landingstrook staan en kyk.

Die valskermsprong het voortgegaan al is ’n ander springer in sy landing beseer is en met ’n helikopter hospitaal toe gebring is – reg voor Glen se sprong.

Toe Glen gevra word of hy seker is hy wil steeds spring, het hy geantwoord: “Ja, natuurlik, kom ons wikkel!”

“Dit was ongelooflik – ’n groot opwinding. Ek was glad nie bang nie en het so lank uitgesien na hierdie oomblik. Ek kon nie wag om in die lug te kom en te spring nie, maar ek wens ek het nog vyf minute gehad om te vryval,” sê hy.

Michael sê hy was nie regtig verbaas oor sy oupa se planne nie.

“Toe ons die dag voor die tyd ons familiepartytjie hou, het hy aan almal ’n uitnodiging uitgedeel om hom te sien spring. Almal was ietwat verbaas, maar hulle het geweet dit is iets wat hy graag wil doen. My oupa is die soort mens wat enigiets sal probeer.

“Die dag van die sprong was baie lekker. Ek en my suster het saam met hom gegaan en alles het glad verloop. Ek was en is baie trots op my oupa. Dit was nog altyd iets wat hy wou doen, en nou het hy,” vertel hy.

Trouens, oupa Glen was so mal daaroor, hy is sommer lus en maak dit ’n jaarlikse instelling.

– Magazine Features