Hul voertuig is ook aan die brand gesteek.

Een an die mans is dadelik hospitaal toe geneem. Die polisie het ’n saak van kwaadwillige beskadiging van eiendom aanhangig gemaak.

Kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die twee mans is deur onbekendes aangeval. Dit is egter nie seker of die aanval voortspruit uit die voortslepende taxi-oorlog tussen Uber-bestuurders en metertaxi-bestuurders nie.


Uber-bestuurders het reeds vantevore beweer hulle word deur die bestuurder van metertaxi’s gedreig en verskeie is glo ook reeds deur hulle aangerand.

Op 13 Junie het ’n Uber-bestuurder ernstige brandwonde opgedoen toe sy motor in Hatfield, Pretoria, aan die brand gesteek is.

Op 24 April het ’n metertaxi-bestuurder ’n Uber-bestuurder aangerand nadat hy ’n passasier by die Gautrein-stasie in Centurion afgelaai het.

Bronne: news24.com, rekordcenturion.co.za