Meredith Warfel van Oro Valley in die Amerikaanse deelstaat Arizona het dit tydens hul “lang en vervelige" wintervakansie op webkamera vasgevang vir die hele wêreld om hulle daarin te verkneukel.

Haar tweejarige dogtertjie, Quinn, kry vir hierdie een keer toegang tot enige van haar grimering om Meredith “mooi te maak" vir Nuwejaar:

Van die wenke wat klein Quinn gee:

  • ’n Mens kan ver kom met ’n bietjie blosser.
  • Staan uit met rooi lipstiffie.
  • Wend weer blosser aan vir ’n dag-na-aand-voorkoms.
  • Dra oogskadu op jou voorkop. Dit gaan die nuwe modegier wees.
  • Ruik altyd aan maskara om seker te maak dis vars.

Meredith is ’n persoonlike afrigter in ’n gim en het ook ’n klerereeks wat deur Disney geïnspireer is. Sy en haar man, Noel, span nou kragte saam om hierdie aanlyn handelsmerk uit te bou.

Meer as 25 000 mense het na Meredith en Quinn se grimeervideo gekyk. Daarom het sy nog een gemaak waarin Quin met ’n borsel en strikke haar ma se hare opkikker.

Bronne: popsugar.com, huffingtonpost.com, facebook.com