En jy het gedink jou werk is veeleisend!

In die betrokke episode kan gesien word hoe die Irans-Amerikaanse aanbieder die harsings in sy mond sit, stadig daaraan kou en dit swaar afsluk.

Dit proe glo soos steenkool, sê hy.

[caption id="attachment_163145" align="aligncenter" width="580"]Foto: CNN skermgreep Foto: CNN skermgreep[/caption]

[caption id="attachment_163144" align="aligncenter" width="580"]Foto: CNN skermgreep Foto: CNN skermgreep[/caption]

Reza het vir sy reisprogram besoek afgelê by die Aghori-stam van Indië. Talle van hul eeue oue gebruike het behoue gebly, onder meer kannibalisme. Hulle besmeer ook hul lyf en gesig met die as van hul oorledenes.

Reza drink ook ’n drankie uit ’n menslike skedel voor hy die harsings gevoer word.

Die Aghori eet ook hul eie ontlasting. Kykers kan sien hoe die man met wie Reza ’n onderhoud voer, sy hande onder sy sitvlak hou en dan sy ontlasting na sy mond bring en dit eet.

In ’n stadium gooi hy ook van sy uitskeiding in Reza en sy kameraspan se rigting. Die episode, wat Sondag die eerste keer in Amerika uitgesaai is, het talle kykers naar gemaak en Amerikaanse Hindoes heftig laat reageer. Tulsi Gabbard, die enigste Hindoe in die Amerikaanse Kongres, het getwiet: “Ek is baie ontsteld dat CNN sy mag en invloed gebruik om mense se wanbegrip van en vrees vir Hindoeïsme te vererger.”

Reza (44) het die Aghori-stam naby die heilige Hindoe-stad Varanasi in die staat Uttar Pradesj teëgekom. Op ’n kol het die Aghori-man vir hom gesê hy gaan “sy kop afsny as hy aanhou om so baie te praat”.

Kort daarna kan gehoor word hoe ’n senuweeagtige Reza erken “dit was dalk ’n fout”.

Hy het sy aanhangers later op Facebook vertel die harsings het soos “verkoolde steenkool” geproe.

Dié piepklein sekte het glo minder as 100 lede oor.

Kyk hier na ’n uittreksel:

Bronne: Daily Mail; Metro; CNN