Treindienste tussen Germiston en Kempton Park is erg ontwrig.

Russel Meiring, ER 24-woordvoerder, sê met verskeie nooddienste se aankoms op die toneel, was van die passasiers nog in die trein. Die drywer is egter op die toneel dood verklaar.

Die 50 beseerdes is op die toneel behandel vir geringe tot matige beserings alvorens hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese versorging.

Omliggende paaie is vir geruime tyd gesluit sodat noodvoertuie by die toneel kan uitkom.

Hoewel daar in hierdie stadium nie meer inligting bekend is oor die oorsaak van die botsing nie, word kabeldiefstal as ’n moontlike oorsaak beskou.

Intussen het die Gautengse provinsie hul simpatie met die naasbestaandes van die oorledene betuig.