Die rooftog het gistermiddag (Dinsdag) om 11:45 by die Total-vulstasie in Tasbetpark plaasgevind.

“Een van die sekuriteitswagte het die vulstasie binnegegaan om geld te gaan haal toe twee verdagtes hulself as kliënte voordoen,” sê brig. Obed Ngwenya, polisiewoordvoerder.

“Toe die sekuriteitswag by die kantoor uitstap op pad na die geldwa, het die twee verdagtes hom gevolg en hul wapens op hom gerig.

“Hulle het die wag van ’n onbekende hoeveelheid geld en sy pistool beroof.”

Die twee verdagtes het in ’n wit Mazda BT50 die aftog geblaas. Die polisie het ’n soektog na die twee verdagtes begin.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.