Die Hartbeespoort-nooddienseenheid het Saterdag op hul Facebook-blad kort voor 16:00 geskryf dat ’n tragedie hom op die dam ontvou. Netwerk24 berig die nooddienseenheid is kort na 14:00 in kennis gestel van ’n voorval op die dam.
Na wat berig word het drie mense glo verdrink en een slagoffer in ’n badkamer doodgebrand. Al vier slagoffers was vroue.

“Inligting dui daarop dat ongeveer 200 mense op die boot was toe dit aan die brand geslaan het. Die passasiers word met die hulp van privaat bote na die oewer gebring,” sê die nooddiensgroep op hul Facebook-blad.

Paramedici behandel talle mense wat aan boord was. Dit is nog onduidelik hoeveel passasiers vermis is.