Hoewel Black Friday ’n betreklike nuutjie in Suid-Afrika is, het dit nie gekeer dat pandemonium losgebars het oor afslag op talle produkte nie.

Selfs al was die kool in van die gevalle nie die sous werd nie, het dit nie saak gemaak nie – van eenvoudige toiletrolle tot gesofistikeerde televisiestelle het van die rakke gevlieg.

In Port Elizabeth het die Vriendelike Stad se mense van vroegoggend slaggereed met beursie en kredietkaart in die hand die ure voor die stormloop afgetel. Sommige was glo reeds 05:00 vanoggend daar. Só het dit vanoggend by die Checkers in die Greenacres-inkopiesentrum in Port Elizabeth gelyk. Die trollies het dóér getrek en die gille was oorverdowend. Van naasteliefde was daar min te bespeur soos daar in die dolle soeke na enige moontlike winskoop na items gegryp is.

 

Twitter se reaksie

Het jy ook meegesleur geraak deur die wriemelende mensemassa by ’n winkel naby jou? Deel gerus jou foto's met ons op Twitter en gebruik #HGBlackFriday.