Inwoners van Grootvlei, Mpumalanga, het Dinsdag op sosiale media foto’s en video’s gedeel van ’n tornado wat die streek lelik omgedollie het.

Dié tornado is sowat teen 15:00 opgemerk en het binne 'n paar minute by die kragstasie in Grootvlei opgebreek.
Sommige inwoners het ook skreeusnaaks op sosiale media reageer op dié video. Een skryf: :”Kyk... my kort dik bene, sal vir my so vinnig en ver dra, dis net nie eers weer waar nie.” Nog ’n persoon skryf: “Nounet gewonder hoe laai ek ons beeste bokke honde en katte in my kar..... dankie vir die laat weet.”