Talle toeskouers het in daardie stadium op die hawemuur saamgedrom en die aankoms van die Adventure HornBlower ingewag.

Lees ook: Kate en Leo klets al te graag oor en weer

Maar gou het dit duidelik geword dié toeristeboot het nie remme nie. Die meeste het laat spaander. ’n Bejaarde vrou het ongestoord voor die neus van die boot verbygeloop, oënskynlik onbewus van die gevaarte wat op haar afpyl.

Gelukkig het ’n omstander haar betyds uit die gevaarsone gehelp.

Die volgende oomblik het die boot ’n taamlike duik in die hawemuur veroorsaak.

Shawn White het hierdie video op YouTube gedeel. Volgens sy beskrywing is sewe mense beseer en vier deur ambulanse weggevoer nadat die Adventure Hornblower van 150 voet die hawemuur getref het.

Volgens NBC News is net drie van die 139 passasiers wat ten tyde van die botsing aan boord was, beseer en na ’n hospitaal gebring.

Die voorval word ondersoek.

Bronne: youtube.com, nbcnews.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Twitter is 10 jaar oud! Kyk wat was dié SA bekendes se eerste twiets

Hallo daar Richard Tiffany Gere: Dié bekendes het die vreemdste middelname denkbaar

Kyk: Dale Steyn deel stout selfie!