A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on
Die sangeres agter die treffer Love Story en die Skotse DJ het onlangs hul eerste jaar saam gevier en dit lyk of hulle besluit het om dié mylpaal verder te vier op ’n onbekende strand.

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Albei sterre het Dinsdag op Instagram intieme kiekies van hul vakansie gedeel, waaronder een van Taylor in ’n bikini wat vir haar kêrel poseer. Calvin het sy gespierde lyf in rooi swembroek in ander foto’s vertoon.

A photo posted by Calvin Harris (@calvinharris) on

A photo posted by Calvin Harris (@calvinharris) on

Die popster het ook ’n kort video gedeel van haar wat op ’n groot opblaas-trampolien spring wat op die water dryf en daarin vra sy Calvin: “Kyk, kyk – kyk jy?” voor sy heel ongrasieus in die water duik, tot groot vermaak van haar kêrel. “Daai was seer!” sê Taylor in die video.

That time when we finally took a vacation. @calvinharris

A video posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Sy skryf in die onderskrif: “Daardie oomblik toe ons uiteindelik ’n vakansie gevat het.”

A photo posted by Calvin Harris (@calvinharris) on

In nog ’n kiekie wat Taylor gedeel het, is die voorletters “TS + AW” in die sand geskryf – laasgenoemde is die voorletters vir Calvin se regte naam, Adam Wiles.

Taylor Swift + Adam Wiles

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Die gelukkige paartjie het vroeër vandeesmaand ook gewys hoe versot hulle op mekaar is toe hulle kiekies van vieringe van hul eerste jaar saam gedeel het.

A photo posted by Calvin Harris (@calvinharris) on

Taylor het op 6 Maart op Instagram ’n foto van ’n goue hangertjie gedeel met "3.6 2015" daarop gegraveer – die datum van hul herdenking. Sy het daarby geskryf: "3.6.15 Een jaar is verby!" Calvin het op sy beurt ’n video op Snapchat gedeel van ’n koek wat met harte en “1 Year” versier is. In die video sê hy: “Een jaar! Ons het ’n eenjaar-koek! Een jaar,” voor hy op sy meisie fokus, wat ook haar opwinding oor dié mylpaal deel.

3.6.15 One year down!

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Hul gemeenskaplike vriendin, Ellie Goulding, het in Februarie verlede jaar die tweetjies op die aand van die Elle Style-toekennings in Londen aan mekaar voorgestel.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Avonturier Riaan Manser se Vasti beleef teëspoed tydens Cape Epic

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek

Inge Lotz-moord spook elf jaar later nog

Oefening douvoordag hou jou viets

Wanneer Zephany reg is, is ek hier vir haar – Celeste Nurse

Wildkyk van agter jou lessenaar? Nou kan jy!