Meer as 1 300 brandbestryders veg onverpoos voort, maar tot dusver kon hulle nog nie die wegholbrand onder beheer kry nie. Luidens berigte is net 4 persent van die brand onder beheer. Weens al die digte, droë bosse versprei die brand vinnig. Chon Bribiescas van die Amerikaanse Wouddienste sê ook sterk wind, wat teen tot 48 km/h waai, hits die vlammehel verder aan. “Die brand vorder teen 40 ha binne ’n paar minute pleks van per uur,” het sy aan AFP gesê. Meer as 34 500 huise is tot dusver in gevaar en 82 640 mense is gereed om te ontruim.

Elaine Bowder (75) gaan dalk haar nuwe huis verloor. Al is haar belangrike items verseker, moes Elaine een van haar katte agterlaat. “Ek is so hartseer; ek was so geheg aan haar,” het sy gesê voor sy in trane uitgebars het. Intussen is dit nog onduidelik of ’n man in sy 80’s sy huis suksesvol teen die brand kon beskerm nie.
Van die huise wat reeds in die slag gebly het.
’n Historiese baken is ook deur die vlamme verswelg: die Summit Inn op die wêreldbekende Route 66 en waar groot name soos Elvis Presley en Clint Eastwood glo al aangesit het vir ete.
Die droewige bestuurder van die Inn het glo gesê: “Haweloos en werkloos, als in een dag.”
Altesaam 607 ha in die San Bernadino Nasionale Park is reeds vernietig.
So lyk dit op grondvlak.
Die pad van vernietiging is selfs vanuit die ruimte sigbaar. So lyk dit sowat 97 km oos van Los Angeles.
Vreesaanjaend.
’n Plaaslike skool dien as tydelike skuiling vir talle wat voor die brand moes vlug.
Dis beslis die gelukkigste hond op aarde dié!
Dit is nie waar jy vandag wil wees nie: Die hoofroete van Los Angeles na Las Vegas is gesluit vir verkeer.
Die vuur “spring” letterlik bo-oor die treinspoor.
Praat van in die hitte van die stryd!
Hier is ’n paar skouspelagtige foto’s en video’s wat die skrikwekkende dog hipnotiese vlammehel van die vuurnado’s uitbeeld.

Dié brand, ook bekend as die San Bernardino-brand, volg kort op die hakke van nog ’n wegholveldbrand, die Clayton-brand, wat dae lank in die noorde van Kalifornië gewoed het.

Die Clayton-brand is vermoedelik die handewerk van ’n brandstigter en ’n 40-jarige man, Damin Anthony Pashilk, is in hegtenis geneem. Dié brand het gelei tot die vernietiging van minstens 175 geboue, waarvan talle huise is, en meer as 162 ha.

Bronne: yahoo.com, breaking911.com, latimes.com