Twee mense is beseer, 260 000 huishoudings is sonder krag en meer as 400 plaaslike en internasionale vlugte moes noodgedwonge gekanselleer word.

Die tifoon, wat as ’n kategorie 5 storm beskryf word, is tot op hede die grootste storm van 2016 in die wêreld en het reeds 1500 inwoners gedwing om hul wonings te ontruim.

“Die suide word hard gepiets,” sê Tinus Stander, ’n Suid-Afrikaner wat al vir jare in Taipei woon. Hy woon in die noorde van die eiland waar Meranti se krag en vernietigende wind en reën gelukkig nie uitgekom het nie. Verskeie mense het videogrepe van die verwoesting gedeel:

Meranti het al hoe sterker geword soos dit nader aan Taiwan gekom het met maksimum winde van 216km/h.
Die oog van die tifoon het nie die eiland met sy 23 miljoenmense getref nie, maar sterk winde het die suidelike deel van die eiland geraak.
Die storm is die sterkste sedert supertifoon Haiyan wat in 2013 onmin in die Fillipyne gesaai het en is die sterkste storm wat so na aan Taiwan gekom het sedert 1959.
In 2009 het Morakot die suidelike deel van die eiland getref en 700 mense vir dood gelaat. Merati sal Sjina na verwagting Donderdag tref.
Intussen is Malakas - nog ’n tropiese storm - in die westelike deel van die Atlantiese Oseaan aan die broei en sal dit teen Donderdagaand in Japan aankom.

Bronne: theguardian.com; cnn.com; time.com; weather.com