En wie is die gelukkige kêrel? Niemand anders nie as Suid-Afrikaners se trots – die wêreldbekende sjef Jan Hendrik van der Westhuizen.

Jan Hendrik is die eerste Suid-Afrikaner aan wie ’n Michelin-ster toegeken is. Dié eer is aan sy restaurant, Jan, in Parys toegewys.

Lees ook: SuzelleDIY kry hulp uit ’n hogere oord vir wenke op Wêreldwaterdag

In haar jongste video wys Suzelle en Jan Hendrik kykers hoe om lipleklekker melkskommels met karamel-springmielies en piesang te maak.

Ten spyte van al die soetigheid om haar, het Suzelle net vir een ding ’n glinstering in haar oog, of eerder, net vir een persoon.

Terwyl Jan Hendrik sy beste probeer om saaklik te bly, doen Suzelle alles in haar vermoë om die al te bewuste Jan Hendrik te verlei.

Ons het lanklaas so lekker gelag!

Kyk hier na al die mannewales:

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk waar bevind die mooie Armand Aucamp hom op sy wêreldreis!

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!