Grote genugtig, ná weke van geen reën het die sluise Maandag behoorlik oopgemaak oor groot dele van Gauteng. In party plekke was die reën so erg, paaie is in sommige dele in riviere omskep! 'n Hewige donderstorm het chaos in die ooste van Pretoria veroorsaak. Gauteng Weather het laatmiddag gewaarsku teen storms in die noord-ooste van Johannesburg, noordelike gedeelte van Pretoria en dele aan die Oos-Rand.

Talle voertuie is volgens die Pretoria Rekord East by Silver Lakes vasgekeer as gevolg van vloedwaters.
Ook winkels en kantore in die Silver Lakes-omgewing het erg onder die storm deurgeloop.
Hewige reënbuie beweeg deur Gauteng en nog vloede mag volg.