As jy van tekkies hou, moet jy dalk nou ophou lees. Die Twitter-gebruiker @pettybaq_ was met afgryse vervul toe sy uitvind haar kleinboet het haar tandeborsel gebruik om sy tekkies mee skoon te maak. Maar pleks van kwaad raak, het sy besluit om hom op skouspelagtige wyse terug te kry. Sy het die tekkies ’n “bietjie ekstra laat blink” deur grimering te smeer op die skoene, wat peperduur lyk.

Daarna het sy die eindproduk aan haar boetie gewys en sy reaksie is goud werd!

Die video het natuurlik soos ’n veldbrand versprei – dis meer as 5 000 keer hertwiet en meer as 7 000 mense het op die “hou van”-knoppie geklik. Moenie met dié ousus mors nie!