“Altyd ’n weird gevoel,” het hy verlede week by ’n Instagram-foto van ’n aanhanger se tatoe geskryf. Die tatoe is ’n prentjie van Francois, maar sy oë is deur televisieskerms vervang.

“Ons oë is vervang deur skerms en ons siele met prentjies van die see,” het Francois die lirieke van die rockgroep Fokofpolisiekar se liedjie “Lugsteuring” aangehaal.

Dié tatoe is deur Monique Niewoudt op Elizabeth Anne Smith aangebring, het Francois op Instagram gesê.

Een van Francois se ander liedjies, Staan Terug vir Niemand Nie, is ook op ’n aanhanger se rug verewig.

Staan terug vir niemand nie. Behoort aan niemand nie #fantattoos A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

En op dié aanhanger se arm.

Fan tattoos #behoortaanniemandnie

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

En net so is die lirieke van die Van Coke Kartel-treffer Tot die Son Uitkom op iemand se arm verewig.

Kom ons wag tot die son uitkom #fantattoos A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Ook op die fotograaf Jurie Neethling se arm. “In my eie handskrif nogal,” het Francois by ’n foto van die tatoe geskryf.

Ek voel baie bevoorreg dat my lirieke uit #totdiesonuitkom op @dievetman se arm getattoo is!

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

“My een arm is net vol band tattoos en hou verband met bands,” sê Jurie. “Ek het besluit ek kort dalk ook ’n bietjie Afrikaanse woorde.”

Jurie neem dikwels musiekgroepe se optredes af en ken Francois goed.

Hy het die tatoe sowat twee maande gelede gekry toe hy saam met ’n vriend by ’n tatoewinkel was. “Ek het toe vir Francois ge-WhatsApp en gevra om vir my die lirieke neer te skryf.”

En sommer net so is die woorde “As dit klank is waarna jy soek dink ek jy’s op die regte plek” op sy regtervoorarm aangebring.

Jurie het ook ’n tatoe van ’n kreef met die woorde “Eet kreef”, soortgelyk aan die omslag van Johannes Kerkorrel se eerste ateljee-album op die agterkant van sy bobeen laat aanbring.

’n Foto van Francois wat besig is met ’n optrede is ook al in ink aangebring. “Pierre Visser het my op hom ge-tattoo. Sjo bro, dit is ’n moerse kompliment,” het Francois by ’n foto van die tatoe geskryf.

Pierre Visser het my op hom getattoo. Sjoe bro, dit is 'm moerse kompliment. A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Liesl Beautain se tatoe is deur die tekeninge in Francois se solo-album geïnspireer.

Aanhangers van die rockgroep Fokofpolisiekar verewig ook soms die lirieke van hul gunstelingliedjies op hul lyf.

Divan Hanekom het die FOKOF spirit #spiritoffokof #fantattoos #tinytown A photo posted by Fokofpolisiekar (@fokofpolisiekar) on

Dedicated fans in @innibos // 'soet slaap sonder sonde' #tattoo

A photo posted by Fokofpolisiekar (@fokofpolisiekar) on

Maar dis nie net Francois van Coke en Fokofpolisiekar wie se aanhangers so sterk voel oor hul kuns nie. Een van die sanger en televisie-aanbieder Bouwer Bosch se gedigte is ook al deur ’n aanhanger permanent gemaak.