Haar mees onlangse reis na Indië laat ons groen van jaloesie.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

In ’n video wat sy op Instagram gedeel het, verduidelik die blonde skoonheid meer van haar en haar vriendin, Shireen Louw, se eerste pitstop.

A video posted by Sue Duminy (@sueduminy) on
Die vriendinne het hul eie reisblog en hulle geniet hulle duidelik gate uit daar oor die waters. Hulle neem omtrent selfies – op een van hulle pryk Sue in ’n prettige sonhoed terwyl sy poseer by die Humayun’s Tomb.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue het al vroeër aan ons verklap dat Indië een van haar gunsteling-lande is. En sy en haar vriendin kon nie wag om dié land se geskiedkundige monumente te besoek nie. Lees ook: Wie is die gelukkige verjaardagmeisie wat al dié geskenke gekry het? Een van hulle was die Humayun’s Tomb. Nes die wêreldbekende Taj Mahal spog die Humayun’s Tomb met indrukwekkende argitektuur en min of meer dieselfde uitleg as die Taj Mahal.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A video posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue se manlief, JP, is ook op die oomblik in Indië. Hy draf tans uit vir die Delhi Daredevils in die Indiese Premierliga. Die paartjie het verlede week sy 32ste verjaardag daar gevier.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Dit is geen wonder Sue is so versot op Indië nie. Op een foto wat sy gedeel het, kan jy die prentjiemooi uitsig van die berge vanuit haar hotelkamer sien.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue is tans in Leh in die noorde van Indië. Leh is bekend vir sy woestynagtige gebiede en dis hier waar Sue en haar fotograaf-vriendin ’n fotosessie gehou het.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Lees ook: Jy sal nie glo hoe Taylor Swift se nuwe haredos lyk nie!

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Omdat die stad so hoog geleë is, kry toeriste maklik hoogte-siektes soos naarheid, hoofpyne, koors, disoriëntasie en geheueverlies. Maar dit lyk nie of Sue onder enige van dié simptome deurgeloop het nie!

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sy sal die vriendelike inwoners van Leh nie sommer gou vergeet nie, vertel sy op Instagram. Haar en JP se agt maande oue dogtertjie, Isabella, sit rustig in een van die inwoners se arms terwyl sy en haar ma vir die kamera poseer.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Dit lyk of Sue dié reisbloggery omtrent geniet. Ons wonder waarheen die pad hulle volgende gaan vat...

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is