Die Wes-Kaapse polisie het nog nie besonderhede bekendgemaak nie, maar na verneem word het gewapende rowers die winkel binnegegaan en geweier dat personeel dit verlaat.

Polisiebeamptes op die toneel het aan News24 gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Daar is gesien hoe rook vanuit die winkel kom. ’n Brandweerwa het kort daarna opgedaag.

’n Polisietaakmagspan hanteer die situasie, het Mo Hendricks, sekuriteitsbestuurder van die sentrale stadverbeteringsdistrik (SSD), gesê.

Hy het gesê SSD-lede het gehelp om die blok vir die publiek te sluit.

Die strate wat hierdeur geraak word, is Lang-, Strand, Loop-, Kasteel- en Riebeekstraat.

“Ons wil ’n veilige omtrek rondom die toneel skep, want as ’n verdagte uitkom, kan hulle in die skare verdwyn,” het hy gesê.

Hulle wou ook hê dat lede van die publiek ’n veilige afstand weg van die toneel af moes wees ingeval iets gebeur.

Metropolisielede was op die toneel om die verkeer weg te lei.

Bron: News24