Koninklike aanhangers in Kanada was in die wolke nadat die hertog en hertogin van Cambridge saam met hul kinders hierdie week in hul land aangekom het.

Maar nie alle plaaslike mense was ewe bly om die gesin te sien nie. Op die tweede dag van William en Kate se toer het betogers buite die Vereniging vir Immigrasiedienste in Brits-Columbia byeengekom, berig MailOnline. Die groep, met musse en maskers aan, het gedreunsing en plakkate rondgeswaai en selfs ’n kamma-guillotine gemaak. Hulle is glo van die land se Jeugkommunisteliga. Gelukkig was George (3) en Charlotte (16 maande) nie by om die spektakel te aanskou nie. Die twee het by hul oppasser agtergebly terwyl hul ma en pa die reis van 35 minute van Victoria na Vancouver in 'n seevliegtuig onderneem het.

Welcome to #Vancouver, Will and Kate! Photo by @pursuit23 #dailyhivevan #royaltourvancouver #royalvisitcanada #willandkate

A photo posted by Daily Hive Vancouver (@dailyhivevancouver) on

William en Kate was skynbaar nie geskok deur die betogers wat na berigte geskree het: “Geen konings; geen landhere” en “ons behoort nie die koninklikes te vier nie”. Die ouers en hul kinders is in Kanada, ’n federale parlementêre demokrasie en 'n konstitusionele monargie met Koningin Elizabeth aan die hoof, om politieke bande te versterk. Kanada is een van koningin Elizabeth II se 16 ryke en sy is eintlik die staatshoof al het die land ten volle onafhanklik geword deur die Grondwet Constitution Act van 1982.
Ten spyte van die betogings het William en Kate steeds daarin geslaag om Sondag saam met premier Justin Trudeau en sy vrou, Sophie Gregoire-Trudeau, tyd by die Vereniging vir Immigrantedienste Immigrant Services Society te betsee. Volgens die Vancouver Sun dien die sentrum as ’n “streeksmiddelpunt vir oorgangsbehuising en ondersteuningsdienste” en het dit 16 behuisingseenhede, traumasteun en jeugprogramme vir immigrante.
Tydens die besoek het Justin gepraat van sy regering se pogings om die 25 000 vlugtelinge te help, berig die Canadian Press, maar gesê die “ware verhaal” is die vrywilligers wat by die sentrum help. Tydens hul besoek het William en Kate tyd deurgebring saam met van die duisende Siriese vlugtelinge wat van die VN se vlugtelingagentskap-kampe aangekom het.
Die Kanadese toer is die koninklikes se eerste toer as ’n gesin van vier en klein Charlotte se heel eerste. Terwyl Justin die koningsgesin self genooi het om Kanada te besoek, het sy nuwe regering omstredenheid veroorsaak toe hulle die koningin se portret ná die verkiesing uit hul departement van buitelandse sake se voorportaal verwyder het. Hulle het die portret vervang met twee skilderye deur ’n kunstenaar van Quebec, wat die ministerie gesê het bedoel is om “Kanada te vertoon”. Dit het skynbaar geen invloed op Will en Kate se besoek gehad nie en die twee kom op die oog af goed met Justin en sy vrou oor die weg.

Die egpaar en hul twee kinders sal na verwagting agt dae in die land bly.

“Die toer sal hulle alles laat inneem van die bedrywige wêreldstad Vancouver – met 'n bevolking van 2,5 miljoen – tot die afgeleë en pragtige Bella Bella, tuiste van minder as 2 000 mense,” het ’n woordvoerder van die Kensington-paleis gesê.

“Onderweg sal hulle soveel Kanadese moontlik ontmoet en Kanada se eerstenasiegemeenskappe First Nations communities, sy kuns en kultuur, ongerepte en skilderagtige omgewing, en medelydende en vindingrike liefdadigheidsektor help vier.”

Bronne: MailOnline, The Sun, Vancouver Sun